rooi z4Oor die roman: Die meeste Suid-Afrikaners ken die Voortrekkermonument en die Uniegebou in Pretoria, maar sal nou ooit aan plekke soos die Sunnypark-winkelsentrum of die Groenkloof Virgin Active as historiese bakens dink? In hierdie onklassifiseerbare ‘filofiksie’-werk vertel Johann Rossouw die geskiedenis van sy generasie se Pretoriase Afrikaners. Dit is die verhaal van hoe politieke ontnugtering geboorte geskenk het aan ’n nuwe kulturele tipe en die opvolger van die jappies van die 1980’s – die gnossies. Hoëvlaktegnologie, charismatiese kerke en winkelsentrums kom teen mekaar te staan in hierdie boek waarin daar ook gewys word hoe hulle dan later saamwerk namate die Pretoriase Afrikaners vir hulself ’n nuwe soort laer trek teen die buitewêreld.

Uittreksel: My miracle life “Die Here is baie goed vir my. Sy Spirit lei my in alles wat ek doen. Ek en Kobus het ’n unity in Hom. Sonder Hom is ons niks nie. Ek kan dit actually in soveel ways demonstrate, en dis vir my wonderful om dít te doen, want ek kan nie anders as om te testify nie. Actually is al die dinge wat met ons gebeur proof van Sy blessings en Sy mercy. “Die greatste ding is soos in Sondagoggende se praise en worship by ons kerk. Ons is baie blessed om dominee Fanie te hê, what a child of God filled with the love of Jesus! Ek het grootgeword in hierdie stuffy NG gemeente in Pretoria-Noord waar die dominee so judgmental was, en dit het my ’n lang tyd van God af gevat. Toe ek op varsity was, het ek baie bad dinge gedoen. Dit het my actually amper doodgemaak. Ek het my lyf gebruik om te kry wat ek wil hê. Ek het baie ouens geuse. “Maar iets was altyd missing. Dit het nog vir ’n ruk na varsity aangegaan, toe ek nie my graad klaargemaak het nie en as ’n mediese rep gewerk het. As jy ’n rep is, is sales alles, en jou sales is net soveel beter as jy jou lyf gebruik. Meeste van die tyd het ek met spesialiste gedeal, en dis ook hoe ek vir Kobus ontmoet het. Kobus is ’n plastic surgeon, en hy was so ’n gentleman met my. “Ons het begin date en hy wou nie seks hê nie. Dit het my actually baie geconfuse, maar ek was so in love met hom dat ek uitgehou het. Ons het seker so drie maande gedate toe hy my vra of ek nie een aand saam met hom na sy kerk toe wil gaan nie.

Actually wou ek nie, want ek het al hierdie bad memories van die NG Kerk gehad, en al hierdie guilt trips oor wat ek verkeerd doen. Deep down was dit die Spirit wat met my gepraat het, maar ek het dit nie toe verstaan nie. Anyway, ek sou enigiets doen om Kobus te please, en so’t ek maar saamgegaan na sy kerk toe. “Dominee Fanie het daai aand se worship gelei, en dit het vir my gevoel asof hy die hele aand net met my praat. Dit was eers terrifying, maar later het dit comforting geraak. Hy’t gepraat oor die bad vrou wat die sewe mans gehad het, en dit het soos my lewe geklink. En toe hy later vra wie van ons ons hart vir die Here wil gee, het ek opgestaan. Ek het verskriklik gehuil, maar dit was ook tears of relief. Die hele tyd het Kobus my hand vasgehou. Hy was so understanding, en later die week het hy vir my hierdie beautiful swaar goue kruis gegee, wat ek elke dag dra as ’n way om te testify. “Daai aand het my lewe gechange, en ek het vir die eerste keer verstaan dat God nog altyd hierdie amazing plan met my lewe het.

Dit was soos daai sweet storie van die twee rye spore in die sand wat later net een ry geword het, toe die man sy kind opgetel het. Van toe af het ek deur die Spirit geleef, en die miracles het nog nooit opgehou nie. “Ek en Kobus het getrou, en ek kon my job los. Hy’t my die kans gegee om my grootste drome te realize. Dit was ook die tyd wat dinge in die land bad begin raak het. Ons wou nie in ’n security complex gaan bly nie, want mens is nie privaat genoeg nie. En vandat ek my hart vir die Here gegee het, wou ek net actually hierdie wêreld van my en Kobus secure en toemaak vir ander mense. “En dit was actually die kans vir my om my droomhuis te bou waar ons private en secure is. Ek het oor hierdie huis gedroom vandat ek ’n klein dogtertjie was, toe my pa ons op ’n trip na Europa gevat het en ek die kastele gesien het. My ma het vir ons al die stories van prinsesse en kastele gelees, en die mooiste kastele was medieval. Ek wou ook so ’n prinses in ’n kasteel met haar eie prins wees. “Kobus het gesê ek kan my kasteel design en hy sal dit vir my bou. Ons het hierdie great erf teen ’n koppie gekry, waar ons actually die kasteel skuins op kon bou.

Ek was nog altyd mal oor rooi, daai helderrooi van die lippe van die prinsesse in die boeke wat my ma vir ons gelees het. Toe’t ek besluit om verskillende shades van rooi vir die mure te gebruik. Daar’s ook baie spitsdakkies, met ’n beautiful toring aan die straat se kant. En dan het ons hierdie amazing hek opgesit, met ’n arch en al. Ons kon net nie toestemming by die stadsraad kry om ’n grag te maak nie! Maar die hek is designed soos ’n poort met ’n grag. “Toe dit alles klaar was, het Kobus nog ’n amazing surprise vir my gehad, ’n bloedrooi Z4, my favourite rooi, want hy’t gesê daai presiese shade van rooi is nêrens op ons huis nie, en dit het kortgekom.

En hy’t die kar so mooi gecustomize, met funky mags en ’n designer nommerplaat. Hy’t gesê dis omdat ek anders is en my kar by my moet pas. “Ek is so mal oor my kar. Partykeer ry ek met die GPS waar die kar my vat, sonder om te beplan. Dis ’n great feeling, want ek voel of ek in ’n speed bubble is waar niemand my kan sien nie. En ek is mal oor hoe die cubicle my toemaak, en hoe die leer ruik en onder my voel, en oor hoe die enjin brul, soos ’n angry monster. “Eenkeer het ek baie stout gevoel. Dit was Kobus se verjaardag en ek het hom getreat met ’n dinner by Cynthia’s. Ons het met my kar gegaan, en ek het verskriklik sexy aangetrek,’n swart Chanelrok bo my knieë, tight met my kruis wat in my cleavage rus. En dit was so great om nie guilty daaroor te voel nie, want dit was ’n way om van ons unity in die Spirit te testify. “Ek het so ’n desire vir Kobus gevoel toe ons geëet het, dat ek na die tyd nie meer kon wag nie. Toe ons in die kar klim, het ek hom begin soen.

Ek het sy hemp losgemaak en sy tepels gebyt en sy manhood caress. Ek het die seat platgestel en hom onder my laat sit en myself in my Chanel dress vir hom gegee, my God-given man. “Dit was vir my verskriklik great, especially om te weet dat my body dit aan my man doen, en dat ons mekaar kan celebrate in die space en die kar wat hy vertrou met my body. “Ek werk baie hard aan my body. Elke dag gym, ’n uur en ’n half, behalwe Sondae, want dis God se dag. Behalwe my kasteel en my kar hou ek die meeste daarvan om in die gym te wees. Ek train by Groenkloof saam met Marie, my beste pal van varsity, wat ook later na ons kerk gekom het. Haar man het ’n IT company. Ons spin, ons hardloop, ons doen weights, maar nie yoga nie, want dis Oosters. “Die beste deel van gym is daai high wat jy kry as jy spin. Dis amper soos ... Sjoe, ek wil dit nou nie sê nie, want ek wil nie cheap klink nie. Maar jy voel great. Jy voel of jy heel bo is, met jou body en jou spirit en jou mind wat soar. Dis baie soos wanneer ons worship, net in ’n ander way. Partykeer huil ek as dit gebeur, want op ’n weird manier voel ek close aan God as ek so ’n body high het.

“Dit is lekker, maar dit bly harde werk en heavy dissipline om jou body te kry soos jy hom wil hê. Dis ook vir my ’n way om te wys God se Spirit is in my, en hoe Hy my bless, net soos ek sorg dat ons boy elke tweede dag my kar was, of dat my kasteel silwerskoon is. Daarvoor het ons drie ousies nodig, maar ons sorg goed vir hulle. “Die deel van om in shape te bly waarvan ek nie so baie hou nie, is die supplements wat ek moet drink. Ek koop dit nou ook maar deesdae in Menlynpark, want omtrent twee maande terug, toe ek dit weer by Dis-Chem in Lynnwoodweg gaan koop het, het een of ander weirdo my agtervolg. Hy’t ’n note op my windscreen gelos met een of ander simpel boodskap, maar ek het dit eers by die huis gelees. Ek het gemaak of ek hom nie sien nie, maar enige fool kon uitwerk dat hy vir my gewag het en my sou volg. Hy was nogal sexy, bietjie soos ’n prof wat ek op varsity gehad het, maar ek hou nie daarvan as mense te openly vir my kyk nie, especially wanneer ek in my kar ry. Hy’t my amper tot by die huis gevolg, en toe weggedraai. “Ek het hom nie weer gesien nie, maar dit het my unsettle. Hoekom kan mense jou nie net uitlos nie?”

Buy