glasoog voorblad1Oor die bundel Glasoog: Glasoog is die naam van ’n gereelde rubriek wat vanaf Februarie 2004 tot Augustus 2010 verskyn het, eers in Beeld en later in By-Beeld. Aanvanklik was die rubriek gemik op die invloed van tegniek en tegnologie op ons wêreld, maar mettertyd het dit oor ’n wyer verskeidenheid sake begin handel, soos die politiek, die ekonomie, musiek en films. Ná herhaalde versoeke om dit as ’n bundel uit te gee, word die volledige reeks rubrieke nou hier chronologies as PDF gepubliseer teen R200, BTW ingesluit. Hiermee bedank ek Beeld, wat goedgunstiglik hulle toestemming vir hierdie publikasie gegee het.

Uittreksel: Dit het ’n cliché geword dat die wêreld vinniger as ooit verander...

Lees verder

elkeoggendOor die roman: Elke oggend van die wêreld is die verhaal van De Sainte Colombe, meester van die viola da gamba en een van die beste komponiste van sy tyd. Ná die dood van sy vrou draai hy sy rug op die roem van Parys en leef in eenvoud op sy plasie met sy twee dogters en die spook van sy vrou. In die afsondering van sy hut in die takke van ’n moerbeiboom wy hy sy lewe aan die poësie van die musiek. Van Sainte Colombe is gesê dat sy boog al die verbuigings van die menslike stem kon naboots: van die sug van ’n jong vrou tot die snik van ’n bejaarde man, van die oorlogskreet van Hendrik van Navarre tot die sagte asemhaling van ’n kind wat ingedagte teken. Dit is ook die verhaal van Marin Marais...

Lees verder

rooi z4Oor die roman: Die meeste Suid-Afrikaners ken die Voortrekkermonument en die Uniegebou in Pretoria, maar sal nou ooit aan plekke soos die Sunnypark-winkelsentrum of die Groenkloof Virgin Active as historiese bakens dink? In hierdie onklassifiseerbare ‘filofiksie’-werk vertel Johann Rossouw die geskiedenis van sy generasie se Pretoriase Afrikaners. Dit is die verhaal van hoe politieke ontnugtering geboorte geskenk het aan ’n nuwe kulturele tipe en die opvolger van die jappies van die 1980’s – die gnossies. Hoëvlaktegnologie, charismatiese kerke en winkelsentrums kom teen mekaar te staan in hierdie boek waarin daar ook gewys word hoe hulle dan later saamwerk namate die Pretoriase Afrikaners vir hulself...

Lees verder

verwoerdburgOor die roman: “Jakes is ’n bliksem. Uit en uit. Hy’t ons deur die ore gewerk. Padgegee toe ons hom die nodigste gehad het.” Jakes Botha dink hy het sy grootwordjare op Verwoerdburg uit sy gestel geskryf. Hy lei immers ’n goeie lewe met die spieël van die Middellandse See voor sy skryftafel in Monaco uitgestrek. Maar hoekom kan hy nie weer aan die skryf kom nie? En waarom pla gedagtes aan sy eertydse klasmaats hom steeds? Die lys van mense waarmee hy afgereken het, is lank, insluitend dik Karel wat so drink, goedgelowige Stefan en Marius wat so mal is oor die sepiester Petra. Dan is daar ook nog Adéle en haar verleidelike ma. Maar elkeen het ’n éie storie oor Jakes te vertel. Tydens...

Lees verder