NUUTSTE BETAALDE ARTIKELS

03 Mei, 2017

Tot lof van my meester Karel Schoeman

Om 8.54 die oggend van 2 Mei bel ’n gewaardeerde kennis my met die nuus wat ek al jare vrees: Karel Schoeman is dood.

            Schoeman het my alles geleer wat ek moes weet van die skrywende, biddende lewe. Daarom laat ek dit aan andere oor om te skryf oor die betekenis van sy werk. Hier, terwyl ek treur, kan ek net skryf oor wat hy vir my beteken het.

            In Oktober 1993 ontmoet ek een van my boesemvriende en tans kollega, Pieter Duvenage. Ofskoon ek van Schoeman geweet het, was…

Lees verder
04 April, 2017

Jacob Zuma en die begin van die koloniale einde

Dit is te verstane dat gewone Suid-Afrikaners bekommerd is oor die gevolge van President Jacob Zuma se jongste kabinetskommeling. Maar dalk is dit ’n bedekte seën. Om te verstaan waarom, moet die jongste gebeure in die konteks van ’n baie lang geskiedkundige ontwikkeling gesien word, naamlik Suid-Afrika se moeisame soeke na ’n lewe anderkant ons koloniale erfenis. Ek het al dikwels verwys na die feit dat SA se ekonomiese en staatstruktuur nog grootliks onveranderd en koloniaal is sedert dit met…

Lees verder

GRATIS ARTIKELS

18, Maart, 2017

Joost

Joost van der Westhuizen se dood was nie onverwags nie. Tog was die openbare emosie oor sy dood ewe sterk as met die onverwagse dood van ’n bekende. Hoekom? En wat het Joost vir ons beteken?

Hierdie artikel gaan nie oor my nie, maar as ek mag: Die versoek om oor Joost te skryf, is een van die moeilikstes wat ek al ontvang het.

Joost was nie net ’n geliefde rugbyheld nie, maar ook ’n mens van vlees en bloed wie se geliefdes se enorme private verlies oor jare in die openbaar afgespeel het. Op sowel die persoonlike as die openbare vlak het hy soveel emosies gaande gemaak dat om met die nodige respek en soberheid oor hom te skryf geen grap is nie. 

Miskien is dit daarom raadsaam om eers iets te sê oor waarom Joost my so aangegryp het, voordat ek iets probeer sê oor Joost as openbare figuur. 

Ek is ’n jaar voor Joost gebore en het, soos hy, beskeie grootgeword in die Pretoria van die 1980’s. Dit was ’n klein, beskermde wêreld onder…

Lees verder
14, Desember, 2016

Op soek na Richardsbaai

Op soek na Richardsbaai

In 1975, kort voor my vyfde verjaardag, het ons gesin verhuis na Richardsbaai waar my pa die pos as stadsekretaris aanvaar het. Deels onder sy leiding is ’n toekomsvisie vir die ontwikkeling van Richardsbaai aanvaar, wat as bloudruk sou dien vir wat die volgende veertig jaar daar vorm aangeneem het. Toe sy boesemvriend die stadsklerk volgens my geheue in 1979 sterf, is my pa volgens sy weergawe vir die pos oor die hoof gesien deur ’n plaaslike koalisie van Broederbonders en Vrymesselaars, grootliks vanweë sy ondersteuning vir die verregse Herstigte Nasionale Party (HNP). Dieselfde man wat rondom my dertigste verjaardag vir my vertel het daar bestaan ’n wetenskaplike basis vir rassisme, het ook in die vroeë jare…

Lees verder
13, September, 2016

SA steeds in ’n koloniale wurggreep

Dit is duidelik dat Suid-Afrika ’n nuwe sosio-politieke fase betree het. Die georganiseerde landbou kan ’n sleutelrol speel in ’n nuwe bondgenootskap om die land in die regte rigting te neem. Moeletsi Mbeki en Johann Rossouw verduidelik waarom.

 
Om Suid-Afrika se nuwe sosio-politieke ­fase en die unieke geleenthede wat dit bied te verstaan, is dit nodig om eers die aard en funksies van historiese politieke en ekonomiese strukture in Suid-Afrika te verstaan. As die politieke en ekonomiese strukture van Suid-Afrika en die VSA vergelyk word, is dit treffend dat ofskoon hierdie strukture in albei lande hul oorsprong in die middel 17de eeu het, hulle sedertdien baie verskillende paaie gevolg het.

Terwyl die VSA geslaag het in sy…

Lees verder

BETALENDE INTEKENAARS

(TEKEN HIER AAN) (LOGIN)

WORD 'N INTEKENAAR

(REGISTREER)

ONTVANG MY GRATIS

NUUSBRIEF

Koop My Boeke

book01 book02 book03 book04
leesmeer leesmeer leesmeer leesmeer