Joost van der Westhuizen se dood was nie onverwags nie. Tog was die openbare emosie oor sy dood ewe sterk as met die onverwagse dood van ’n bekende. Hoekom? En wat het Joost vir ons beteken?

Hierdie artikel gaan nie oor my nie, maar as ek mag: Die versoek om oor Joost te skryf, is een van die moeilikstes wat ek al ontvang het.

Joost was nie net ’n geliefde rugbyheld nie, maar ook ’n mens van vlees en bloed wie se geliefdes se enorme private verlies oor jare in die openbaar afgespeel het. Op sowel die persoonlike as die openbare vlak het hy soveel emosies gaande gemaak dat om met die nodige respek en soberheid oor hom te skryf geen grap is nie. 

Miskien is dit daarom raadsaam om eers iets te sê oor waarom...

Lees verder

Op soek na Richardsbaai

In 1975, kort voor my vyfde verjaardag, het ons gesin verhuis na Richardsbaai waar my pa die pos as stadsekretaris aanvaar het. Deels onder sy leiding is ’n toekomsvisie vir die ontwikkeling van Richardsbaai aanvaar, wat as bloudruk sou dien vir wat die volgende veertig jaar daar vorm aangeneem het. Toe sy boesemvriend die stadsklerk volgens my geheue in 1979 sterf, is my pa volgens sy weergawe vir die pos oor die hoof gesien deur ’n plaaslike koalisie van...

Lees verder

Dit is duidelik dat Suid-Afrika ’n nuwe sosio-politieke fase betree het. Die georganiseerde landbou kan ’n sleutelrol speel in ’n nuwe bondgenootskap om die land in die regte rigting te neem. Moeletsi Mbeki en Johann Rossouw verduidelik waarom.

 
Om Suid-Afrika se nuwe sosio-politieke ­fase en die unieke geleenthede wat dit bied te verstaan, is dit nodig om eers die aard en funksies van historiese politieke en ekonomiese strukture in Suid-Afrika te verstaan. As...

Lees verder

oscar fotoDie opkoms en val van Oscar Pistorius leer ons iets van die grense van die moderne wil – en die tragedie waarin dit die mens kan dompel, skryf Johann Rossouw.

Die antieke Atheense wêreld met sy gode en helde is nog met ons in die vorm van die moderne sportbedryf, hoewel daar ook groot verskille bestaan tussen hoe sport vandag bedryf word en hoe die Atheners dit gedoen het. 

Vir die antieke Atheners was daar iets soos ’n vasgestelde kosmiese orde waarbinne elke individu...

Lees verder

Wat lê agter die protes wat universiteite die afgelope 12 maande teister, wonder Johann Rossouw.

wegdoen met afrikaansOp 15 Februarie het ’n groep betogers ’n Varsitybeker-rugbywedstryd op Shimlapark by die Universiteit van die Vrystaat (UV) ontwrig. Die betogers is uiteindelik deur toeskouers van die veld gejaag. 

Op die eerste en waarskynlik mees gekykte video van die voorval kom skokkende tonele voor van hoe meesal Afrikaners meesal swart betogers skop, klap en slaan. ’n Ander...

Lees verder

Die oorsake van die huidige debat oor godsdiens in skole lê ver terug in die verlede, sê die skrywer en akademikus Johann Rossouw.

Die debat oor godsdiensonderrig in skole wat opnuut opgevlam het, laat die vraag ontstaan wat die oorsake van die debat is. As dié oorsake beter begryp word, kan dit groter konsensus tussen die strydende partye bring.

Om die oorsake van die debat beter te begryp, verskaf die Kovsie-regsfilosoof Georgia du Plessis ’n belangrike leidraad...

Lees verder