Pas ná Donald Trump se verkiesing as die 45ste president van die Verenigde State van Amerika (VSA), was die vraag op die meeste mense se lippe: Hoe het dit gebeur? Die vraag is om verskillende redes gevra. Sommige mense het aanvaar die meeste meningspeilings se voorspelling dat Hillary Clinton sou wen, was korrek – ondanks die feit dat sodanige peilings keer op keer problematies blyk te wees. Ander mense kon eenvoudig nie dink dat iemand wat soveel afstootlike uitlatings soos Trump oor vroue, immigrante en Moslems – onder vele meer – maak, kon wen nie.

Terwyl die vraag oor hoe dit gebeur het nog intens bespreek word, begin al hoe meer mense ’n ander vraag vra: Wat gaan gebeur met Trump as president van...

Registreer om verder te lees...

In die amper twee weke tot met Saterdag 1 Oktober het die voortslepende krisis by Suid-Afrikaanse openbare universiteite ’n aantal onrusbarende neigings getoon. Een van die gevaarlikste hiervan is die neiging van sommige akademici om hulle by ’n agenda van gewelddadige verset te skaar. Om hierdie neiging te verstaan tesame met die groeiende risiko dat studente kan sterf, moet eers aandag gegee word aan van die ander onrusbarende neigings.

Toe die FeesMustFall-betogings in Oktober...

Registreer om verder te lees...

Inleiding

Orhan Pamuk, gebore in Istanboel in 1952, het tot op hede tien romans gepubliseer en in 2006 die Nobelprys vir Letterkunde verower. In die aankondiging van die prys loof die Sweedse Akademie Pamuk vir die wyse waarop hy “in the quest for the melancholic soul of his native city ... discovered new symbols for the clashing and interlacing of cultures”.[1]

Ofskoon die Nobelprys aan Pamuk toegeken is terwyl hy nog aan The Museum of Innocence[2] geskryf het, is bogenoemde...

Registreer om verder te lees...

Hoewel nog nie so wydverspreid soos in Oktober 2015 nie, het hernude studentebetogings weer landswyd opgevlam ná die Minister van Hoëronderwys se aankondiging op Maandag 19 September 2016 oor klasgeldverhogings vir 2017. Die betogings het opgevlam ondanks die minister se poging om sommige armer studente tegemoet te kom. Wat sê die jongste vlaag studentebetogings? Nie noodwendig in volgorde van belangrikheid nie, die volgende.

In die eerste plek het daar vanaf Oktober 2015...

Registreer om verder te lees...

Dit is tans duidelik dat openbare universiteite in Suid-Afrika waarskynlik in die grootste krisis van hulle bestaan verkeer. R.W. Johnson het in ’n uitstekende onlangse artikel in Rapport verwys na hoe belangrik dit is dat universiteitsrade hulle verantwoordelikheid moet nakom om self jaarlikse klasgeldverhogings te bepaal en nie te skuil agter die regering nie. Aan die ander kant, geoordeel aan onlangse berigte dat President Zuma “opdrag” gegee het dat die regering die fondse...

Registreer om verder te lees...