Vriende, ek is gevra om vanoggend met julle te praat oor spoke en taal, hier waar ons almal van Afrikaanse tong wat ons voorafgegaan het, gedenk. Maar as ek met julle praat, as ek met julle hier teenwoordig praat, dan praat ek reeds met julle wat nie vanoggend liggaamlik hier is nie, julle wat deur ons hier is omdat julle, bloot deur die feit dat julle eens in Afrikaans geleef het, die wêreld wat ons vanoggend met mekaar deel, moontlik help maak het. Ek praat dus met julle wat vanoggend hier voor my sit, maar ook met julle wat dit vir ons moontlik gemaak het om vanoggend hier te sit, die spoke dus, julle wat in ons spook, julle wat by ons spook, julle met wie ons spook. Hiermee praat ek nie van buite af met julle nie: ek is nie maar...

Registreer om verder te lees...

Die geleidelike verengelsing van die Afrikaanse universiteite – wat so raak beskryf word met die term “Histories Afrikaanse Universiteite” (HAU’s) – is nou sowat tien jaar lank aan die gang. Gedurende die tweede helfte van die 1990’s het ’n klein groepie Afrikaanse intellektuele – hoofsaaklik Afrikaners om presies te wees – hieroor alarm begin maak. Destyds is minstens twee openbare byeenkomste gehou om oor die saak te besin, die een in...

Registreer om verder te lees...

“Simboliese ellende is dit wat maak dat daar nie meer simboliese sirkulering is nie, dit wat maak dat die verbruiker ’n soort swart gat word, tot op die punt van ineenstorting.” – Bernard Stiegler, Constituer l’Europe: 1. Dans un monde sans vergogne (Om Europa te konstitueer: 1. In ’n wêreld sonder skroom), Parys: Galilée, 2005, p.107

Enkele jare gelede het Max du Preez in sy destydse rubriek in Rapport op ’n keer smalend verwys na...

Registreer om verder te lees...

Martin Meredith se reuseboek oor die afgelope vyftig jaar se geskiedenis van Afrika na onafhanklikwording is ’n omvattende oorsig van hierdie tydvak vir enigiemand wat sigself van die feite wil vergewis. Dit is toeganklik en baie goed geskryf, soos ’n mens sou verwag van ’n opgeleide joernalis wat Afrika bykans sy lewe lank reeds dek, beginnende as korrespondent in Zambië in die vroeë 1960’s.

Soos verskeie resensente al aangedui het, probeer Meredith nie...

Registreer om verder te lees...

In wedywering met die Christendom is die New Age-Boeddhisme vandag ʼn gier – as ʼn poging om die opkoms van die finansierskapitalisme en die stres verwant aan tegnologiese vooruitgang aanvaarbaar te maak. Selfs die regisseur George Lucas ontsnap nie aan hierdie invloed nie. Hiervan getuig The Revenge of the Sith, die laaste aflewering van die Star Wars-sage, wat vandag, die 20ste Mei, in Suid-Afrika open.   Deur Slavoj Zizek, filosoof en navorser aan die Universiteit van Ljubljana...

Registreer om verder te lees...